Thursday, September 18, 2008

12 Oktober - Trap Der Jeug

Die LAVA diens van 12 Oktober val weg as gevolg van Trap Der Jeug wat ons gemeente kom besoek. Ons glo dat hulle boodskap ons sal kom uitdaag om oor ons eie lewens te dink.



Ander goeie nuus is dat die LAVA span almal baie opgewonde is oor die Praise and Worship aande wat ons vir 7 en 21 November beplan. Wie swot nou op 'n Vrydag aand?!?! Kom maak 'n joyful noise saam met ons!

Saturday, September 6, 2008

Datums vir LAVA in 4de kwartaal

Daar is twee LAVA dienste in die vierde kwartaal:

- 12 Oktober
- 26 Oktober

Dit lyk nogal min, ne? Ons gaan kyk of ons nie iets tussen-in kan inwerk nie... dalk 60 of 90 minute van non-stop Praise & Workship twee Vrydag aande in November. Ons gaan mik vir 7 en 21 November...

Friday, September 5, 2008

Kom verf banners - 4 Oktober

Hi julle, ons beplan om 'n paar banners te maak vir LAVA, om die saal 'n bietjie meer karakter te gee.

Kom deel in die pret van 9:00 tot 17:00, op Saterdag 4 Oktober. Solank as jy tussen die lyne kan inkleur is dit cool :-) Natuurlik is meer artistic bydares ook baie welkom. Tussen die verf deur sal ons uit-chill op goeie musiek.

Tuesday, September 2, 2008

Welkom by LAVA!

Hierdie blog is vir al die jeug van NG Parow-Panorama en almal anders wat 'n ogie wil hou oor wat by LAVA aangaan. Mettertyd sal ons foto's opsit van stuff wat ons doen, datums vir dienste en events, ens. Dis vir ons ook nuut so kom ons kyk wat gebeur...



Ons wil julle ook graag nooi om deel te neem aan die besprekings - maak myLAVA jou LAVA!